San Diego

City of San Diego

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County San Diego County
 Koördinate 32°43′N 117°10′W / 32.717°N 117.167°W / 32.717; -117.167
 Gestig op 16 Julie 1769
 Geïnkorporeer op 27 Maart 1850
 Oppervlakte:  
 - Totaal 963,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 32 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 1 307 402
 - Bevolkingsdigtheid 1 611,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 095 313
 Tydsone PST (UTC -8)
 Somertyd PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 17,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13,0 / 21,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 264 mm
 Burgemeester Todd Gloria
 Amptelike Webwerf sandiego.gov
San Diego is naas Los Angeles een van twee moderne Kaliforniese metropole wat hul oorsprong in Spaanse sendingstasies het. Die Rooms-Katolieke sending San Diego de Alcalá is in 1769 deur Junípero Serra gevestig

San Diego (Engels: [ˌsændiːˈeɪgoʊ]) is 'n hawestad in die suide van die deelstaat Kalifornië (Verenigde State), 119 myl suid van Los Angeles digby die grens met Meksiko geleë, met sowat 1,3 miljoen inwoners (2010). Dit is die administratiewe hoofstad van San Diego County. San Diego is die tweede grootste stad in Kalifornië ná Los Angeles en die sewende grootste in die Verenigde State.

San Diego staan bekend vir sy gematigde klimaat en talle strande. Die stad se ontspanne leefstyl en strandkultuur, met duisende sonbaaiers en sportgeesdriftiges wat hul gebruinde en goed-geoefende liggame langs die Stille Oseaan-sandstrande vertoon, het aan San Diego die bynaam Sandy Ego besorg.

Sedert die tyd van die Tweede Wêreldoorlog huisves San Diego 'n groot aantal instellings van die Amerikaanse Vloot soos militêre hawens, en basisse van die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Kuswag. Die stad is die tuishawe van die grootste militêre vloot ter wêreld, met onder meer slagskepe en vliegdekskepe soos die USS Nimitz en die USS Ronald Reagan. 'n Aantal vlootskepe is ter ere van die stad USS San Diego genoem.

Die snelste groeiende moderne bedryf is biotegnologie. Qualcomm, 'n wêreldleier op die gebied van selfoontegnologie, het sy hoofkwartier in San Diego.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search